Transformasie van die gevonde: 'n Alchemiese proses
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
Die beginsel van transformasie kan beskou word as 'n maatstaf vir die herkenning van kuns as kuns (alhoewel die debat hieroor onbeslis bly). In 'n artikel waarin aspekte van die werk van filosowe soos Heidegger, Harries, Gadamer en Marcuse ondersoek word in 'n poging om kriteria vir kuns op te stel, som Olivier ( 1987: 16) sy bevinding as volg op: 'to the extent that art reveals an aesthetically transformed world, it also has the capacity to transform the (moral, political) life of the spectator. This, it is suggested, constitutes a criterion for art.' Volgens hierdie stelling is transformasie ' n sleutelbegrip en deurlopend ter sprake binne die konteks van kuns . Die beginsel van transformasie is dus omvattend. Dit word egter in hierdie artikel ondersoek spesifiek met betrekking tot die rekonstruksie van die gevonde objek/voorwerp.
