Visuele kunsopleiding aan die Universiteit van Pretoria
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
Daar kan met reg gesê word dat kunsopleiding in Suid-Afrika nou sy kinderskoene ontgroei het en volwaardig sy plek kan inneem tussen al die ander dissiplines wat aan ons universiteite en technikons onderrig word. Op die vooraand van ingrypende veranderinge in Suid-Afrika bevind die kunsopvoeder hom voor nuwe uitdagings, veral op die gebied van ontwerpopleiding.
