Die stripmedium: 'n homogene kunsvorm
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
Die Tweetalige Woordeboek vertaal die selfstandige naamwoord comic as 'grappige prenteblad' of 'prentverhaal' (Bosman et al 1980:1090). Die gereduseerde omskrywing van laasgenoemde word deur die HAT as 'n 'verhaal wat deur middel van 'n reeks prente [of] foto's met byskrifte vertel word in 'n koerant of tydskrif' (Odendal et al 1979:856) beskryf. Die gebrek aan 'n volwaardige omskrywing of plaasvervangende woord in Afrikaans blyk uit hierdie voorbeelde en ook die feit dat Suid-Afrika nooit oor 'n 'eiesoortige' stripkultuur beskik het nie. Om dus weg te kom van die valse stigmatisering van die medium sal ek vir die doeleindes van hierdie artikel van die minder kategoriserende Nederlandse woord 'strip' (en 'strippie' in die meervoudsvorm) gebruik maak.
