Stereotipering van die vrou in advertensies: Dieselfde ou storie?
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
Die mag van advertensies om sosiale persepsies sowel as geslagsrolle- en stereotipes te beinvloed is goed bekend. Oënskynlike omverwerping van sekere stereotipes van die vrou is die afgelope tyd te bespeur in sommige advertensies. In terme van Postfeministiese teorie blyk die aard van stereotipes egter meer kompleks te wees as wat aanvanklik geglo is.
