The past, present and future of vicarious liability in South Africa
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
Die onlangse – en volgens sommige, onrusbarende – tendens in Suid-Afrika om werkgewers (veral die staat) aanspreeklik te hou vir die onregmatige, skuldige dade van hulle werknemers gee aanleiding tot probleme en enige ondersoek na die moontlike middellike aanspreeklikheid van die werkgewer moet noodwendig altyd begin met die vraag of die werknemer wel ’n delik gepleeg het. Waar daar nie ’n delik is nie, is daar nie sprake van direkte of middellike aanspreeklikheid nie. Dit is belangrik om vas te stel wat die verhouding tussen die delikspleger en sy werkgewer was waar dit vasstaan dat die werknemer wel ’n delik gepleeg het. Dit is dan juis by die vasstelling of die werknemer in die loop van sy diens gehandel het dat beleidsoorwegings na vore kom. Suid-Afrikaanse howe het oor die jare toetse geformuleer om vas te stel of ’n werknemer in die loop van sy diens gehandel het of nie. Die doel van hierdie artikel is om die probleem van middellike aanspreeklikheid onder die loep te neem. Eisers probeer altyd in die diepste sakke grawe – diè van werkgewers – en hierdie tendens sal waarskynlik voortgesit word. Hierdie artikel streef om ’n nuwe perspektief op middellike aanspreeklikheid te gee en begin deur ’n kort historiese oorsig van hierdie vorm van skuldlose aanspreeklikheid in Suid-Afrika. Die artikel bespreek ook ’n aantal spesifieke probleme, waarvan die dilemma aangaande werknemers wat op diens is of nie en die ingewikkelde vraag rondom diensbestek die eerste is. Die artikel ondersoek ook die Wet op Arbeidsverhoudinge soos wat dit op wangedrag van toepassing is en die aard van die verhouding tussen werkgewer en werknemer. Direkte aanspreeklikheid as ’n alternatiewe eisoorsaak teen werkgewers onder sekere omstandighede word spesifiek
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Monray Marsellus Botha, Daleen Millard

This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.
This work is licensed under a