An overview of certain aspects regarding the regulation of sovereign insolvency law

Authors

  • Juanitta Calitz

DOI:

https://doi.org/10.17159/

Abstract

Daar is tans geen internasionale erkende of geldige insolvensiestelsel wat toegepas kan word in die geval van die insolvensie van ’n staat nie. R egeringsamptenare en owerhede regoor die wêreld poog tans om die impak van die huidige internasionale ekonomiese krisis te versag deur gebruik te maak van verskeie kunsmatige ondersteuningsmeganismes en ekonomiese beleidsreaksies. Akademici sowel as beleidmakers pleit reeds geruime tyd vir die ontwikkeling van internasionale maatreëls ten einde so ’n internasionale ekonomiese krisis te hanteer en sodoende die herhaling en erns daarvan te beperk. ’n Doeltreffende en effektiewe insolvensiestelsel is ’n kritiese komponent van elke goed-funksionerende mark-ekonomie en die huidige debat oor ekonomiese globalisering kan ook nie geïgnoreer word nie . Die onlangse ekonomiese ondergang van Griekeland en ander Europese lande het die behoefte beklemtoon om ekonomiese aangeleenthede ten opsigte van staatsinsolvensies op ’n tydige, ordelike en voorspelbare wyse aan te spreek. Die doel van hierdie bespreking is nie om die moontlike oorsake, implikasies en oplossings vir die huidige internasionale ekonomies krisis te bespreek nie, maar om ’n oorsig van sekere aspekte met betrekking tot staatsinsolvensie te gee en die behoefte aan ’n internasionale insolvensie-raamwerk te beklemtoon. So ’n stelsel het die potensiaal om toekomstige finansiële krisisse te voorkom of minstens die impak daarvan te verlig.

Downloads

Published

2025-05-20