Criminal liability and policy considerations in the context of high speed pursuits

Authors

  • Charnelle van der Bijl

DOI:

https://doi.org/10.17159/

Abstract

Artikels 58(3) en 60 van die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 maak voorsiening daarvoor dat die bestuurders van sekere voertuie onder bepaalde omstandighede die padreëls mag verontagsaam of die spoedgrens mag oorskry. Hierdie vrystellings geld ook vir verkeersbeamptes of ’n persoon aangestel ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens 68 van 1995 wat ’n voertuig in die uitvoering van sy of haar pligte bestuur. Hierdie artikel ondersoek die moontlike strafregtelike aanspreeklikheid van polisie- en verkeerspolisiebeamptes wat betrokke is by insidente waar ander padgebruikers in die loop van hoëspoed-agtervolgings gedood of beseer is. Die doel is om vas te stel of hulle onder hierdie omstandighede “immuniteit” geniet. ’n Oorsig oor die toepaslike padverkeerswetgewing en vrystellings word gegee. Die moontlike aanspreeklikheid van polisie- en verkeerspolisie-beamptes word ondersoek met verwysing na die algemene beginsels van strafregtelike aanspreeklikheid en die waardes wat in die Grondwet verskans is. Laastens word ondersoek ingestel na die posisie in die VSA vir die ontwerp van moontlike riglyne waar daar spesifiek gekyk word na die benadering gevolg in grondwetlike en privaatregtelike sake waar derdepartypad-gebruikers beseer of gedood is.

Downloads

Published

2025-05-21