The judicial and legislative reform of the customary law of succession
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reëls van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die “Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act”. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie.
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 JC Bekker, DS Koyana

This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.
This work is licensed under a