Whose knowledges shape our city? Advancing a community-based urban praxis

Wie se Kennis(se) Vorm ons Stad? Op Soek na ’n Gemeenskapsgedrewe Stedelike Praxis

Authors

  • Stephan de Beer

DOI:

https://doi.org/10.17159/

Abstract

In die artikel word verskillende plekke van kontestasie en hoop in die middestad van Pretoria/Tshwane geidentifiseer, en die moontlike unieke kennis(se) wat vanuit hierdie kontekste gegenereer word, word oorweeg. 

Ek neem ’n spesifiekeposisie in en argumenteer dat sodanige plaaslike kennis(se) meestal uitgesluit word van prosesse wat die stad nuut wil visioneer, ten koste van onsself. In plaas van die uitsluiting van plaaslike gemeenskappe met hulle unieke visies, ervaringe en kundigheid, suggereer ek die doelbewuste bevordering van 'n gemeenskaps gedrewe stedelike praxis.

Laastens bied ek die konsep van 'n Urban Studio as ’n moontlike trans-dissiplinere ruimte, in noue  samewerking met plaaslike gemeenskappe, vir die generering van transformerende kennis, wat die moontlikheid van meer inklusiewe, regverdige en volhoubare stedelike woonbuurte kan verhoog. 

Downloads

Published

2025-07-03