A tale of two expropriations: Newcrestia and Agrizania
’n Verhaaltjie Omtrent Twee Onteienings: Newcrestia en Agrizania
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
’n Regsvergelyking word getref tussen die destydse belangwekkende uitspraak van High Court van Australië in Newcrest Mining (WA) Ltd v The Commonwealth en die onlangse Agri SA reeks van sake teen die Departement van Minerale in Suid-Afrika. Beide die geskille het gehandel oor die vraag of die mineraalregte/mynregte deur wetgewing, wat die bedryf van mynbou of vervreemding van regte op een of ander wyse verbied het, onteien word. Die artikel fokus op die betekenis wat aan die begrippe “ontneming” en “verkryging”, as synde elemente van ont-eiening, toegedig word. Ondanks soortgelyke feitestelle en regsbeginsels rondom onteiening word verskillende resultate in die beslissings bereik. Daar word gepoog om die verskillende resultate te verklaar. By afloop van ’n regsvergelykende analise word tot ’n slotsom geraak omtrent die juistheid en wysheid van die onderskeie beslissings.
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Pieter Badenhorst

This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.
This work is licensed under a