The effectiveness of legal remedies in education: A school governing body perspective

Authors

  • Erika M Serfontein
  • Elda de Waal

DOI:

https://doi.org/10.17159/

Abstract

Na bykans ’n dekade van grondwetlike regsontwikkeling, word howe steeds versoek om geskille tussen skoolbeheerliggame en hul onderskeie provinsiale onderwysdepartemente by te lê. Alhoewel verskeie redes hiervoor uitgelig kan word, fokus hierdie artikel op aangeleenthede wat betref die Staat en skoolbeheerliggame se besorgdheid aangaande die voorsiening van gehalte-onderwys in die taal van keuse ingevolge artikel 29(2) van die Grondwet. Die doeltreffendheid van regsmiddele in hierdie verband, word aan die hand van drie prominente hofsake, naamlik Laerskool Middelburg, Laerskool Mikro en Hoërskool Ermelo ondersoek. Vir die doeleindes hiervan, is ’n dokumentêre navorsingsontwerp en hermeneutiese benadering binne ’n kwalitatiewe dimensie in die kleine gevolg om die ervaring van minstens twee persone wat verbonde is aan elk van die skole en betrokke was by elke hofsaak, te bekom. Die resultate van die studie dui daarop dat taal oor die algemeen ’n polities-gedrewe aangeleentheid is, dat regsmiddele inderdaad - met verloop van tyd - verligting en sekerheid bring en dat howe wél die korrekte forum is vir geskilbeslegting wat betref onderwysaangeleenthede.

Congratulations! The court has just ruled in your favour. The easy part was winning the case.  Now for the tricky part - getting the other party to pay up.

Downloads

Published

2025-05-21