Legislation and policies: Progress towards the right to inclusive education
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
Die doel van enige onderwysstelsel is die voorsiening van gehalte onderwys aan alle leerders, afgesien van hulle vlak van onderwys. Die ontwikkeling van wetgewing en beleid het baie aandag ontvang en dit weerspieël die Suid-Afrikaanse regering se verbintenis om die diversiteit in die leerderpopulasie te verseker. In lyn met die regering se verantwoordelikheid om beleid te ontwikkel en die transformasieprogram te lei, is die witskrif ontwikkel wat spesifiek gerig is op leerders met leerprobleme. Inklusiewe onderwys kan suksesvol wees indien ons erken dat onderwys die gesamentlike verantwoordelikheid van ouers, onderwysers, kurrikulumkundiges en die gemeenskap is. Inklusiewe onderwys vir almal soos vervat in beleid en wetgewing loop die risiko om eksklusief vir baie leerders in Suid-Afrika te word. Die artikel fokus op die vraag of Suid-Afrika werklik gevorder het in sy belofte van inklusiewe onderwys vir almal deur die daarstel van beleid en wetgewing.
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Pierre du Plessis

This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.
This work is licensed under a