Keeping children safe whilst playing sport: What can South Africa learn from the United Kingdom experience?
DOI:
https://doi.org/10.17159/Abstract
Sportbeheerliggame het ernstige problem in die gesig gestaar met kinderbeskerming en was dikwels nie toegerus om die problem te hanteer nie. ’n Sleutelvraag was of daar van sportbeheerliggame verwag is om die problem alleen die hoof te bied en of kinder beskerming in sport deel moes uitmaak van ’n breër holistiese stelsel van kinderwelsyn wat ook ander organisaies moes insluit. Die Verenigde Koninkryk het daarna gestreef om ‘n beskermende raamwerk van kinderwelsyn dwarsoor alle sport te bewerkstellig wat deur sportbeheerliggame afgedwing word, en fokus op onderrig en opleiding van vrywilligers wat by sport betrokke is. ’n Sleutelpunt was die skepping van die Child Protection in Sport Unit binne die National Society for the Prevention of Cruelty to Children. Die Safeguarding Vulnerable Groups Act 2006 het ’n sentrale ligaam, die Independent Barring Board, later verander na die Independent Safeguarding Authority ingestel wat verantwoordelik is vir die bedryf van ’n keuring- en uitsluitingskema. Sport klubs val binne die omskrywing van “Regulated Activity Provider” en moet die status van enige persoon wat gereeld by bedrywighede betrokke is en kontak met kinders het, nagaan. Aanvanklik is die vlak van bedrywighede wat as gereelde kontak beskou is, taamlik laag gestel sodat ’n groot aantal aktiwiteite en persone binne die omskrywing sou val. Latere hersienings het voorgestel dat die vlak van bedrywighede beter omskryf en op ’n hoer vlak gestel word ten einde die proses meer vaartbelein te maak. In Suid-Afrika, bevorder Sport en Ontspanning Suid-Afrika gestruktureerde deelname aan sport- en ontspanningsbedrywighede in skole en die opheffing van sport in skole en sportklubs. Die Suid-Afrikaanse sportsektor moet ook die problem van seksuele teistering en misbruik is sport aanspreek en kan in hierdie verband gerus uit die ondervinding in die Verenigde Koninkryk leer.
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Steve Greenfield

This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.
This work is licensed under a